Giggles

5026646+_26bb3f2d320cc38a3ca0bce4f3980056.jpg
 
HOW I LEARNED TO MIND MY OWN BUSINESS!!

The other day i walked past a mental hospital and everyone was shouting 13....13......13
the fence was too high to see over so i saw a little gap in the planks and looked thru,then sum idiot poked me in my eye with a stick and they all started shouting 14.....14....14
 
And now for yourMondaychuckle.....................

A pirate walked into a bar and the bartender said:
"Hey, I haven't seen you in a while. What happened? You look terrible."
"What do you mean?" said the pirate, "I feel fine."
"What about the wooden leg? You didn't have that before."
"Well," said the pirate, "We were in a battle, and I got hit with a cannon ball, but I'm fine now."
The bartender replied, "Well, OK, but what about that hook? What happened to your hand?"
The pirate explained, "We were in another battle. I boarded a ship and got into a sword fight. My hand was cut off. I got fitted with a hook but I'm fine, really."
"What about that eye patch?"
"Oh," said the pirate, "One day we were at sea, and a flock of birds flew over. I looked up, and one of them crapped in my eye."
"You're kidding," said the bartender. "You couldn't lose an eye just from bird shit."
"It was my first day with the hook."

:p
 
you know you have had a rough day when you have a full tank and battery at the end of the day no chance to vape !!!chicken.jpg
 
Sorry guys/ gals, this one in Afrikaans, do not have the time or energy to translate...

Wanneer het julle iets van ʼn Chinaman by ʼn vlooimark gekoop?
Laas Saterdag oggend het ek iets gesien by die vlooimark wat my belangstelling geprikkel het. Daar en dan het ek besluit om vroulief te verras en ek het vir haar een gekoop.
Wat ek gesien het was 'n kamstige 100,000-volt, handsak-grootte tazer of te wel skokstok. Tog te oulik met die dat dit soos ʼn lipstiffiehouer vol blinkertjies lyk, totaal skadeloos belowe ek julle.
Die effekte van die tazer was, Aldus die gebrekkige Engels van die Chinaman, veronderstel om van korte duur te wees, met geen lang termyn effekte op jou aanvaller nie, net genoeg tyd om jou toe te laat om na veiligheid te vlug en glo die antwoord op misdaad situasies in huishoudings, ʼn moet vir elke vrou.
Sy verkooptegniek en die simpel prys vir die tazer het my oorreed en koop ek ewe tong in die kies die “Made in China” stront en dink dalk kom ek in die Blond se goeie boekies. By die huis maak ek die boksie oop en sien daar is sowaar twee “AAA” batterye ingesluit. 100,000 volt se gat dink ek maar laai tog maar die twee AAA batterye in die ding en druk die knoppie....... en niks die ding maak nie ʼn enkele geluid nie.
Blerrie teleurgesteld en half onwillig om te glo dat ek verneuk is lees ek dan nou toe die papiertjie met die fyn Engelse instruksies wat ook in die boksie is.
So leer ek eerste dat indien jy die ding teen 'n metaal oppervlak druk en dan die knoppie druk, maak dit 'n blou "spark" tussen die penne. BRILJANT! Kom ons try en nou moet nog aan die Blond verduidelik waar daardie brandkolle op die voorkant van haar yskas se deur vandaan kom. Maar toe weet ek die ding het lewe in hom.
So daar sit ek alleen by die huis met die Maltees langs my op die bank en wag dat die Blond van die dorp af moet kom en plaas van bere begin my nuuskierigheid weer die oorhand kry. Bestudeer ek nou hierrie speelding en is ek vas oortuig dat die ding sekerlik nie so erg kan skok nie. Ek meen 100 000 volt is mos weerlig se baas, as mens dink aan 220 volt waarmee jou hele huis werk. Dit kan mos net ʼn lieg wees want hoe erg kan mens nou skok op twee “AAA” batterytjies. NEE REGTIG!
Ek sit dus en twyfel aan die ding daar op die bank en soos gesê die Maltees lê opgekrul langs my op die leuning terwyl ek verder die aanwysings lees. Ek begin toe dink dat ek regtig nodig het om die ding uit te toets op 'n objek van vlees, 26% bloed en bewegende teiken. Ek meen mens moet tog weet of dit ʼn pot strooi is of nie reken ek. Ek moet erken ek het oorweeg om die Maltees vir 'n fraksie van 'n sekonde by te dam en uit sy salige honde droom wêreld te laat ontwaak, maar toe gelukkig het ek maar van plan verander want hy is so ʼn liefdevolle hond en, soos meeste van julle reeds weet, die hel het geen gelyke soos 'n pissed off poedel nie of ʼn moerige Blond wie se hond aanstoot gekry het nie.
Ek was egter vasberade om voor ek die ding vir my vrou gaan gee. ek ten minste die versekering wil hê dat die ding my vrou kan beskerm teen 'n mugger soos dit geadverteer is en haar nie net vals hoop sal gee nie. Ek meen wat van as sy dit regtig nodig kry en dit kielie net die ou? Sal myself mos nooit kan vergewe nie. Nie waar nie?
Nouja daar sit ek toe in my kortbroek en my Blou Bul supporters trui aan, met my leesbril delikaat op die brug van my neus, aanwysings in een hand, tazer in 'n ander. Die aanwysings, alhoewel in Engels en seker maar Mandaryn sê:
Dat 'n een sekonde blast sal jou aanvaller skok en disoriënteer; 'n Twee sekonde blast is veronderstel om spierspasmas en 'n totale verlies van liggaamlike beweging aan te bring.
'n Drie sekonde blast sal veroorsaak dat die aanvaller inmekaar sal sak soos 'n vis uit water, enige blast langer as drie sekondes sou 'n mors van batterykrag wees.
Met al die inligting kyk ek na hierdie klein apparaat van omtrent 5 duim lank en minder as 'n 3/4 duim in omtrek; Regtig te oulik en tog net gelaai met twee klein ou AAA batterye dink aan myself geen flippin manier dat die ding wat soos ʼn lipstiffie lyk skade kan berokken aan ʼn groot uitgevrete man soos ek nie! 100 000 volt se moer weer ʼn keer, net ʼn blerrie geldmakery en besluit ek dan sal ek maar self check of die dingetjie so rof is soos hulle wil vertel.
Wat volgende gebeur het is moeilik om te beskryf, maar ek sal my bes doen met dit wat ek kan onthou.
Ek sit alleen daar, Maltees het wakker geword van my gewoellery en kyk op met sy kop een kant toe gedraai asof om te sê, "Moet dit nie doen nie”.
Ha ha eks mos nie ʼn banggat nie en ek redeneer toe dat 'n een sekonde bars van so 'n klein ou dingetjie kan tog nie so erg wees nie. Ek besluit ek gee myself 'n een sekonde blast net vir die hel daarvan. Ek haak die penne stewig teen my naakte pensvel en ..... druk die knoppie...... en moeder!!!!, wapens van massa vernietiging, k@k op 'n stok, f@%26$ my George, ouma se hare en hond se antie!!!!!!!
Ek is seker dat die hele Blou Bul skrum het op my neer gemoer het, Jan Wilkens het my daar opgetel en my oor en oor op die mat neergewerp en toe net vir die pret die Lazyboy op my kop gegooi.
Ek het so 'n vaagweg herinnering van wakker word op my sy in die fetale posisie, ore wat sing soos die Drakensberg seunskoor en trane in my oë, kouekoors golwe wat op en af soos hoogwater deur my trek, my liggaam deurnat met iets wat ruik soos piepie, albei my tepels wat brand soos vuur, sooibrandsmaak in my bek, my klinkers is nêrens te vinde nie, en twee tennisballe wat sit waar my mangels veronderstel is om te wees. Ek sukkel soos ʼn beskonkene met my linker arm onder my liggaam ingedruk in die snaakste posisie, en naalde en spelde in my bene.
Daar waar die Maltees gelê het is nou net ʼn groot bol hondestront......en vaagweg raak ek bewus daarvan dat ek wonder hoe die Maltees dit reg gekry het om ʼn tweede stront streep te maak van waar die stoel staan....teen die gordyne op....’n streep oor die plafon.....af teen die oorkantste muur en tot hier waar ek myself bevind.
Asseblief, luister na die raad wat ek uit dure ondervinding geleer het - daar is geen sodanige ding as 'n een sekonde blast wanneer jy jouself zap nie!!!!. Jy sal nie die verdomde ding kan los tot dit nie uit jou hand uitgeruk word deur 'n moerse slag nie. Daai een sekonde word blitsig ʼn moerse lang sekonde.
'n Minuut of so later (ek kan nie seker wees nie, tyd was 'n relatiewe ding op daardie punt), het ek my verstand gekollekteer (die bietjie wat oor was), regop gesit en die wêreld verwese bekyk.
My gebuigde bril het miserabel op die gordynkap gehang. Hoe de moer het dit daar gekom? My triceps, regter dy en beide tepels was steeds teer. My gesig het gevoel asof ek 'n komby klap van ʼn nightclub bouncer gekry het, en my kaak het lusteloos gehang asof my onderlip ʼn honderd kilogram geweeg het terwyl my my bek geweier het om op te hou kwyl.
Praat was hopeloos en die onsinnige gebrabbel wat ek kon uiter het my ʼn kandidaat vir Groendakkies gemaak. Terloops, teen die tyd het ek besef dat ek ook van onderklere sal moet verwissel.
Heelwat later en steeds nat gesweet soos ʼn malaria pasiënt en met ʼn blaas wat drup soos ʼn koshuis geyser het ek myself stuk stuk opgetel en bymekaar gekrap.
Flippen hel en dit van twee “AAA” batterytjies, se moer nooit weer nie. So indien jy ooit genoodsaak voel om jouself te wil "mug" met 'n tazer om hom dit te toets, neem my advies! herhaal die sin. . . “hier Oubaas se honne....”
 
Back
Top